Kontak Ons:


Email: info@wilgewerf.co.za


Joni Maree: 072 374 7056


Sandra Maree:  072 460 1646

Welkom by Wilgewerf !

Share on FacebookShare on TwitterShare via e-mailPrint

Share:

Like ons op Facebook

Website Designed by

Rolina Vorster






Also visit these webites:


Pearl Stream Guest House

EBD - Ermelo Business Directory

News Everyday

Tussen die ongerepte grasvelde van die Hoëveld, versier met wilgerbome, kosmos en riviere, vind jy die dorpie Amersfoort. In hierdie knus dorpie sal jy ‘n venue by name Wilgewerf kry – gerestoureer uit die struktuur van ou beeskrale.


Wilgewerf simboliseer die tradisionele eienskappe in die kombinering van oud en modern. Vanaf die verouderde klipkrale met sy eiesoortige atmosfeer sien jy die wye horison van die Hoëveld. Geinspireer deur die geskiedkundige atmosfeer met sy moderne aanslag, voel ‘n mens dadelik tuis. Die interior van die groot kraal met sy landelike sjarme verwelkom die besoeker- eie aan Boere gasvryheid. Die groot saal by name Wilde-Vy kan met gemak 150 mense akkomodeer. Rondom die saal is nog kleiner ruimtes waar heerlik gekuier kan word. Met hierdie unieke struktuur is daar oneindig moontlikhede.


Die verandering van seisoene bring sy eie betowering. In die somer is daar die welige groen van die wilgebome, die grys donderweer- wolke. In die herfs blom die kosmosse uitbundig in verskeie kleure!. Dis die ideale agtergrond vir die skep van onvergeetike momente.By Wilgewerf ervaar die besoeker die misterie van groot oop vure, heerlike wyn en lang intieme kuiers.


Ons glo dat kos mense bymekaaar bring. Daarom streef ons om onvergeetlike smake aan te bied. Deur gebruik te maak van plaaslike en seisoenale bestandele, gekombineerd deur die invloed van vervloe dae, Wilgewerf Events venue Amersfoort Imageervaar elke gas aan tafel n gevoel van warmte in sy hart. Geregte soos “blesbok met ‘n pruim sous” of lam met n heuning -en rooibos glaseersel is maar n voorbeeld van soveel ander aanbiedings. Wilgewerf bied bekende disse aan, maar gekombineerd met ‘n passie vir unieke smake.


Ons glo dat ons ‘n besondere bydrae tot die skep van wonderlike herinnerings kan maak, sonder die hoofbrekens van n ontoereikende begroting. Met alles wat ons hier bied het Wilgerwerf die vermoë om mense te verinnig en die Lewe en Liefde te vier !


Chanté Nel

“Wonderlike venue! Great atmosfeer ? Word streng aanbeveel.”

Reviews

Marlien Smith Fourie

“og altyd net lekker gekuier!! Lekker atmosfeer.”